Die dorpie waarin ek gebore is het naby ‘n vulkaniese berg gestaan en die grondformasie was sodanig dat ‘n mens nie daarop kon bou nie, want die huise het inmekaargestort. Die mense het dus sommer in gate gewoon.
As ‘n kind een jaar oud was het sy ouers hom geleer om ‘n gat te grawe en so het elke inwoner sy eie gat gehad.
Die Burgemeester het ‘n groot gat gehad. Die Stadsklerk het altyd in die Burgemeester se gat gekruip totdat hy eendag uitgevang is en hulle gou sy eie gat toegesteek het en hom die dorp verbied het. Dit het altyd gelyk of die son uit die Kunstenaar se gat skyn, aangesien sy gat met spieëls uitgelê was. Die Assuransie-agent het baie rondgereis en het slegs een keer per week sy gat gesien. Die Dokter se gat was groot en hy het ‘n groot verband op sy gat gehad aangesien hy ryk was.
Die Volksraadslid het teen die hang van die vulkaan gewoon waar die wind altyd gewaai het. Sy naam was dus windgat. Die Onderwyseressie het ‘n pikante gat gehad en die mans van die dorpie het dit vreeslik bewonder. Die Predikant moes baie hard werk om sy gat skoon en netjies te hou, want die gemeente het nie van ‘n predikant met ‘n vuil gat gehou nie.
Die Bankbestuurder het daar eenkant in die harde grond gewoon en is dus sommer ou Hardegat gedoop. Die brandweerman moes net altyd keer dat die ander mense se gate nie brand nie, maar toe brand sy eie gat eendag uit. Die Bakker wat sy bakkery eenkant in sy gat gehad het, is sommer ou Bakgat genoem.
Eendag het ‘n bottel brandewyn in die kroegman se gat gebreek, toe was almal daar om te help om sy gat blink te lek aangesien brandewyn skaars was in die dorpie.
Die dorpie het ophou bestaan na een groot vulkaniese uitbarsting. Al die inwoners het lelik gat skoongemaak, maar nie een kon bybly om sy eie gat te red nie en so het die dorpie ophou bestaan.