Ons "Silver Surfers" (ouer mense op die internet), het soms probleme met ons rekenaars.
Ek het gister 'n probleem gehad, en toe skakel ek vir Janneman, die 11 jarige buurseun, wie se slaapkamer lyk asof mens ‘n missiel van daar kan lanseer en vra hom om oor te kom.
Janneman druk 'n paar knoppies en die probleem is opgelos.
So in die wegstap, roep ek agter hom aan, "So, wat was fout?
En hy antwoord: "Dit was 'n ID tien T fout.”
Ek wou nie te dom lyk nie, maar vra nietemin,
" ‘n, ID tien T fout? Wat is dit? In geval ek nodig het om dit weer te gebruik. "
Janneman grinnik .... "Het Tante nog nooit van 'n ID tien T fout gehoor nie?
"Nee," antwoord ek.
"Skryf dit neer," het hy gesê, " ek dink Tante sal dit dan snap."
So skryf ek dit toe neer:

Om te dink… ek het voorheen baie van klein stront gehou!!!