Bydraes

Julle kan nou ook jul eie bydraes plaas onder LESERS BYDRAES...
LET WEL: Alle bydraes in Afrikaans, asseblief!

Monday, July 11, 2011

Finias die drywer se skade verslag.

Sien fotos aangeheg! Selfoon dialoog:

Finias: "My Bas, die matjien hy wel nie mee ry nie...."

Baas: "Wats fout Finias, is jy weer sonder diesel ?"

Finais: "Nee die diesl hys moi my Bas, ma die matjien hy stan"

Baas: "Het jy enjin moeilikheid"

Finias: " Jaa...eh....die eh...engin hys ok seker oraait. Dis die matjien wat stan my Bas."

Baas: " Finias, wat is fout met die *BLIEP* excavator?."

Finias: "Hy stan by die brig my Bas. Ek dink jy moet breng die crane"

Baas: "Jy meen n breakdown?"

Finias: "Ja.a.a....eh....die breakdown kan ok werk mar hy sal moet bietjie hog wees."

Baas: "Ja ek stuur n groot breakdown, hy kan 5 meter lig"

Finias: "My bas, miskien die crane gan beter wees. En breng die jackhammer."

Baas: " Jackhammer, vir *BLIEP* wat."

Finais: "Vir die trench digger, hy set vas by die teerpad. En breng ok die grinder, cutting torch, n nuwe lowbed en breng vor jou lunch en bietjie dop. Dit gan n laaaang dag wees vi die Bas."

Baas: "Finias, waarvan *BLIEP* praat jy, waars my *BLIEP* lowbed? Ek gaan jou dood blik*BLIEP* as jy die lowbed weer om gem*BLIEP* het ! "

Finias: "Neeee....eh...hys regop my bas. Hy stan da by die N1 buite Pretoria met die excavator op "

Baas: "EN WAAA DE *BLIEP* IS JY?"

Finias: "Ne,.....eh....ek is eh....by die Zimbabwe airport. OK die Bas moet baie brannawyn vat en nie denk an Finias nie...ok koebai my Bas, Finias hy moet gan nou...!"