Tydens haar maandelikse besoek, sê die ou tannie aan die dokter:
"Hier's groot fout dokter. Ek poep al vir twee weke soos 'n ryer. Dis onophoudelik en die drukking en vibrasies pla erg. Maar dis gelukkig nie 'n probleem in sosiale omstandighede nie, want dit het geen reuk nie en maak ook geen geluid nie. Ek het selfs al twintig keer gepoep vandat ek hier by jou sit."
Inskiklik knik die dokter sy kop en skryf aan die tannie pille voor en vra dat sy na twee weke moet terugkom om hom weer te sien.
Na twee weke is die ou tannie terug maar die keer is sy woes onsteld:
"Watse bliksemse pille het jy vir my gegee dokter?! Ek poep nogsteeds soos 'n resiesperd op steroids. Dit maak nogsteeds geen geluid nie, maar nou vrot dit soos vark-afval wat vir 'n week in die son gelê en gis het!!!"
Die dokter knik weer inskiklik en sê:
"Noudat ons tannie se sinus probleem opgelos het, kan ons begin werk aan tannie se gehoor probleem."