Ken die SIMPTOME ..... LEES ASSEBLIEF!
Dankie tog daar is 'n naam vir hierdie toestand.
Een of ander manier ek voel beter, selfs al het ek dit!
Onlangs, was ek gediagnoseer met O.G.A.A.V. - Ouderdom Geaktiveerde Aandag Afleibaarheids Versteuring.
Dit is hoe dit manifesteer:
Ek het besluit om my tuin nat te maak.
Ek stap uit om die tuinslang in die motor oprit oop te maak, dan sien ek my motor en besluit dit benodig ‘n was.
Ek stap in die rigting van die motorhuis en sien ek die pos op die stoep tafel wat ek vroeër uit die posbus gehaal het.
Ek besluit om te deur die pos te gaan voordat ek die motor was.
Ek plaas my motorsleutels op die tafel, gooi die gemorspos in die vullismandjie en ek sien dat die mandjie vol is.
Dus, besluit ek om die rekeninge terug te sit op die tafel en neem eers die rommel uit.
Maar dan dink ek, sedert ek naby die posbus gaan wees as ek die rommel uitsit, kan ek net sowel die rekeninge gaan betaal.
Ek neem my tjekboek op die tafel, en sien daar is net een blaadjie oor.
My ekstra tjekboek is in my lessenaar laai, dus gaan ek die huis binne waar ek ‘n half gedrinkte blikkie Coke vind.
Ek gaan soek my tjeks, maar eers moet ek die Coke opsy stoot sodat ek nie dit per ongeluk nie omstamp nie...
Die Coke is al warm en ek besluit om dit in die yskas te plaas sodat dit koud kan word.
Ek gaan na die kombuis met die Coke, 'n vaas met blomme, op die toonbank vang my oog - hulle het water nodig.
Ek sit die Coke op die toonbank en vind my 'n leesbril wat ek al die heel oggend na soek.
Ek besluit dat ek dit terug op my lessenaar moet sit, maar eers moet die blomme water kry...
Ek sit die leesbril terug op die toonbank, vul 'n houer met water en gewaar die TV se afstand beheer waarna daar gesoek word. Iemand het dit op die kombuis tafel laat lê.
Ek besef dat as ons vanaand gaan TV kyk, sal ek weer opsoek wees is na die verlore afstandbeheer en ek sal nie onthou dat dit op die kombuis tafel is nie, so besluit ek toe om dit terug te sit waar dit hoort, maar eers kort die blomme water.
Ek gooi 'n bietjie water in die blomme, maar mors op die vloer.
Ek los die afstandbeheer op die tafel, kry 'n handdoek en vee die gemors op.
Daarna stap ek gang af en probeer om te onthou wat ek eintlik besig was om te doen.
Aan die einde van die dag:
- Die motor is nie gewas nie
- Die rekeninge is nie betaal nie
- Daar is 'n warm blikkie Coke op die toonbank.
- Die blomme het nie genoeg water nie.
- Daar is nog steeds net een blaadjie in my tjekboek
- Ek kan nie die afstandbeheer vind nie, en ook nie my bril nie.
- En ek kan nie onthou wat ek gedoen het met die motorsleutels nie.
Wanneer ek probeer om uit te vind waarom ek niks vandag gedoen het, ek is regtig oorbluf want ek weet ek was die heel vervlakste dag besig en ek is regtig moeg. Ek besef dit is 'n ernstige probleem, en ek sal probeer om hulp te kry, maar eers wil ek my Faceboek boodskappe lees ...
Moenie lag nie... jou dag kom!