Twee ou anties is aan reis in ‘n groot motor, so groot dat hulle skaars deur die voorruit kan sien. So kom hulle by ‘n verkeerslig wat rooi is aan, maar jaag daardeur sonder om te stop. Die antie in die passasiers sitplek dink half onseker “Ek raak nou seker oud, want daai lig was mos rooi?”
Na ‘n paar minute se ry kom hulle weer by ‘n rooi lig aan en weer jaag hulle deur sonder om te stop. Die slag merk die antie in die passasiers sitplek dit weer op en dink sy sal nou baie mooi konsentreer en wanneer hulle weer by ‘n verkeerslig kom, sal sy seker maak van wat die stand van sake is.
By die volgende verkeerslig is die ding weer rooi (as jy een rooi lig kry, kry jy mos almal verder rooi…) en weer jaag hulledeur sonder om te stop. Die passasiers antie draai na die bestuurder antie en sê in ‘n bewerige stemmetjie, “Sannie, ons het nou al deur drie rooi ligte gejaag, jy gaan ons dood beteken!”
Sannie draai stadig na haar passasier en sê in net so ‘n bewerige stemmetjie, “O jitte jong, ek dag jy bestuur!”